
Alles wat op hierdie blad gepubliseer word, moet aan die volgende vyf beginsels voldoen: |


| Alle eer aan God alleen Ons erken die heerskappy van die Here oor alle mense en dinge op aarde en in die hemel. Ons erken dat die hoogste strewe van elke mens moet wees om die Here God te eer en te dien.en dat daar geen ander wese is wat lof en eer verdien behalwe die DrieEnige God nie. |
| Verlossing deur Jesus Christus Alleen Ons erken dat daar net een Verlosser is en dit is Jesus Christus wat ter wille van ons oortredinge aan die kruis gesterf het, maar ook opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar Hy aan die regterhand van die Vader sit |
| Die Bybel is die onfeilbare Woord van God Ons erken die Bybel as die onfeilbare Woord van God en dat al die kennis wat 'n mens nodig het om tot saligheid te kom in die Bybel geskryf staan. Ons erken dat geen mense- woord of besluite dieselfde gesag as die Bybel het nie. |
| Verlossing deur genade alleen Ons erken dat geen mens verlossing of enige ander gawe van God verdien nie, maar dat Hy dit aan ons skenk deur sy genade. Ons erken dat geen mens genade kan koop of deur goeie werke kan verdien nie. |
| Regverdigmaking deur geloof alleen Ons erken dat al die genadegawes van die Here slegs deur die geloof in Jesus Christus aanvaar kan word. Ons erken dat dit die Heilige Gees is wat hierdie geloof in ons harte bewerk. |