Wat ons graag wil bereik is:
  • om gratis en goedkoop christelike e-boeke beskibaar te stel.
  • om leraars en ander christenskrywers die geleenthed te bied
  • om e-boeke te publiseer.
(Lees ook ons blad OOR BOEKE)

Alles wat op hierdie blad gepubliseer  word, moet aan die volgende
vyf beginsels voldoen:
Alle eer aan God alleen
Ons erken die heerskappy van die Here oor  alle mense en dinge op
aarde en in die hemel.
Ons erken dat die hoogste strewe van elke mens moet wees om die
Here God te eer en te dien.en dat daar geen ander wese is wat lof en
eer verdien behalwe die DrieEnige God nie
.
Verlossing deur Jesus Christus Alleen
Ons erken dat daar net een Verlosser is en dit is Jesus Christus wat
ter wille van ons oortredinge aan die kruis gesterf het, maar ook
opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar Hy aan die
regterhand van die Vader sit
Die Bybel is die onfeilbare Woord van God
Ons erken die Bybel as die onfeilbare Woord van God en dat al die
kennis wat 'n mens nodig het om tot saligheid te kom in die Bybel
geskryf staan. Ons erken dat geen mense- woord of besluite
dieselfde gesag as die Bybel het nie.
Verlossing deur genade alleen
Ons erken dat geen mens verlossing of enige ander gawe van God
verdien nie, maar dat Hy dit aan ons skenk deur sy genade. Ons
erken dat geen mens genade kan koop of deur goeie werke kan
verdien nie.
Regverdigmaking deur geloof alleen
Ons erken dat al die genadegawes van die Here slegs deur die geloof
in Jesus Christus aanvaar kan word. Ons erken dat dit die Heilige
Gees is wat hierdie geloof in ons harte bewerk.
Eeraangodalleen