Bediening in Metlakatla
Metlakatla is ’n klein dorpie op Annette eiland in Suid Oos Alaska. Die dorpie het
ongeveer 120 jaar gelede ontstaan toe ’n Anglikaanse lekeprediker met ’n groepie
volgelinge uit Brits Columbia, Kanada na Annette eiland verhuis het om weg te kom
uit die sondige omstandighede waarin hulle gewoon het.  Hy en  ongeveer 800
lidmate het met kano’s die tog van meer as 160 km aangepak om hulle op hierdie
afgeleë eiland te kom vestig.
Die eiland is vandag die enigste Indiaanse Reservaat in Alaska en daar woon
ongeveer 1300 Tsimshian Indiane. As Reservaat beskik hulle oor ’n groot mate van
soewereiniteit en word bestuur deur die Metlakatla Indian Council wat hulle eie
plaaslike wette maak en sorg vir wetstoepassing. Die Sentrale Regering sal net met
uitsondering in plaaslike sake inmeng. Nie-Indiane moet ’n permit bekom om daar
te woon en werk en die plaaslike raad het die reg om mense toegang tot die eiland
te weier. Die grootste industrie op die eiland is nog steeds die jaarlikse salmoes
wanneer hierdie pragtige visse terugkeer om te kom kuitskiet in die stroom waar
hulle gebore is. Die werkloosheidsyfer op die eiland is  tans ongeveer 80%.
Tot met sy dood in 1918 het Vader Duncan geen ander kerke op die eiland
toegelaat nie en het ook geen oorblyfsels van die Indiaanse kultuur geduld nie. Dit
is maar in die laaste jare dat ’n mens weer tipiese Indiaanse kuns op die eiland sien.
Die enigste vervoer na en van die eiland is per boot en as die weer dit toelaat per
seevliegtuig. Dit gebeur soms dat slegs groter bote die 25km tussen Ketchikan en
Metlakatla kan aandurf. Ek vaar nou alreeds vanaf April 2005 bykans elke naweek
na Metlakatla met die veerboot Lituya waar ek in die Presbiteriaanse Kerk preek.
Die gemeente het in 1922 ontstaan en het tans bietjie meer as 60 lidmate alhoewel
ons al tot 100 mense in die kerk gehad het.
Naas werkloosheid is die misbruik van drank en dwelms en tienerswanerskappe
van die grootste probleme op die eiland. Hoewel sterk drank nie op die eiland
toegelaat word nie, vind smokkelaars altyd ’n manier om drank in te smokkel.
Hieronder is ’n paar foto’s. Ek sal met graagte meer inligting aan belangstellendes
beskikbaar stel.
Klik net op die foto om dit te vergroot.
Kerkgebou
Pastorie
Begraafplaas
Doopdiens
Sondagskoolkonsert
Elise bedien haar bobotie
en Jan Ellispoeding
Straattoneel
Totempaal by 'n
salmstroom
Die berge brand - sonlig
op die sneeu.
Bediening in Metlakatla eeraangodalleen