Oor Eboeke eeraangodalleen
Aan die leser:
Hoewel daar kopiereg op al die boeke op hierdie blad
bestaan, word dit hiermee gratis tot u beskikking gestel
om te lees, af te laai, te druk en te versprei. Ons sal
verkies dat u lesers na hierdie blad verwys om hulle eie
kopieë af te laai. Geen deel van hierdie boeke mag
kommersieel gebruik word nie. Indien enige skriftelike
aanhalings gemaak word, moet die bron op die gewone
manier aangehaal word. Indien hierdie paragraaf nie van
toepassing is op 'n boek nie, sal dit duidelik gestel word.
Indien u onseker is, doen gerus navraag.
Aan die Skrywer:
Ons wil u graag nooi om deel te neem aan hierdie projek.
Daar is baie leraars en ander persone wat
ongepuliseerde manuskripte het wat nou tot voordeel van
almal kan verskyn. Baie leraars het byvoorbeeld goeie
preekreekse gehad wat tot seën van meer mense kan
wees. Selfs wetenskaplike werkstukke is baie welkom
Dit is ook moontlik om u e-boek te publiseer en te
verkoop indien u vol dat daar soveel werk en tyd aan
gespandeer is dat vergoeding geregverdig is. Skryf gerus
aan my vir mee
r besonderhede oor hoe om u e-boek
gepubliseer te kry.
Oor Boeke
Dit is vandag baie duur om boeke te publiseer en uitgewers
is huiwerig om geld te belê in projekte waarvan hulle nie
seker is of hulle ’n wins sal maak of nie. Die gevolge
hiervan is dat boeke aan die een kant baie duur is en aan
die ander kant word baie goeie outeurs se manuskripte
afgewys omdat uitgewers onseker is van die mark.
Die koms van e-boeke het dit nou alles verander. Dit is
betreklik goedkoop om e-boeke te publiseer en leser en
skrywer kan hieruit voordeel trek.
maak wins uit eboeke, publiseer jou boek hier