IETS OOR ONS
Na ’n bediening van ongeveer 25 jaar in die Ned Geref Kerk en 7 jaar in die AP Kerk het my
vrou, Elise, ’n verpleegpos in die VSA aanvaar. Ons het in 2003 na die VSA verhuis. Ons
jongste dogter, Linda, het saam met ons gekom. Tans woon ons  op ’n eiland in Alaska waar
Elise verpleeg en ek vaar elke naweek oor na ons buureiland waar ek die Presbiteriaanse
Kerk van Metlakatla bedien. (Lees gerus  meer oor ons ervaringe in die VSA in die boekie (Ons
Klouter tot bo-op die Aarde.)
Ons het die voorreg gehad om van die Ooskus (New York) regoor die VSA per motor te reis tot
by Seatlle en Bellingham aan die Weskus. Vanaf Bellingham het ons per boot gereis tot in
Alaska, daarna weer van die grens van Kanada tot by San Diego aan die Meksikaanse grens.
Voordat ons weer teruggekom het na Alaska, het ons vier maande in Los Angeles gewoon, reg
langs die besige LAX (die naam vir die Internasionale Lughawe van Los Angeles).
Ons woon nou alreeds vanaf Junie 2004 in Ketchikan op die eiland Revillagigedo in Suid-Oos
Alaska. Ketchikan is, soos die meeste dorpies in Alaska, aan die kus geleё op een van die
honderde eilandjies wat lyk asof hulle net hier ronddryf. Die grootste nywerhede is vis (salm)
en toerisme. Ons dorpie is in die Tongass reënwoud geleё. Die reën en sneeuval hier is
jaarliks tussen sewe en agt meter. Die winter is lank, nat, koud en donker. Die wintersnagte is
tussen 18 en twintig uur lank terwyl die somersdae weer dieselfde tyd lig het. Ons kan net per
boot of vliegtuig bereik word en al ons goedere word per see op reusevlotte na Alaska
gesleep. Die huise hier word van hout gebou en staan op houtpilare, soms oor die see en soms
oor die riviertjies (sien foto’s hier onder)
Alaska is ’n baie groot gebied,  meer as twee keer groter as Suid Afrika, maar hier woon net
650,000 mense. Die grootste gedeelte is wildernisgebied.
Lees gerus op die volgende bladsy meer oor my bediening op Annette Eiland, ’n reservaat vir
die Tsimshian Indiane, en oor Elise se ervaring as verpleegster in die VSA en veral in Alaska.

Met hierdie blad wil ons graag kontak behou met ons Vaderland en ook deel hê aan die
bediening aan Afrikaans- sprekendes regoor die wêreld.
Hier kom die voorraad
Een van die veerbote
"n Luukse Plesierboot
Lente in Alaska
'n Salm beur stroomop
Twee het nie weggekom
nie
Salmbessies, swartbere
se peuselkos
n Totempaal en 'n tipiese Long House waarin 'n clan
gewoon het.
Een van die talle strome
waarin salm broei.
Die Tongass Narrows
seestraat
Geboue oor Ketchikan
Creek
"n Straattoneel in die
winter
Ysblokke by Ward Lake
Ek en Elise in ons
agterplaas en ons
sneeubedekte huis
Oor Ons Eeraangodalleen