Romeine vir gewone mense

Die brief van Paulus aan die gemeente in Rome is een van die belangrikste en mooiste briewe wat nog
ooit geskryf is. Die vertroostende waarheid van die Evangelie van Genade is oorweldigend en
dwingend teenwoordig in hierdie brief. Ongelukkig is dit ook ’n brief wat mense fronsplooie tussen die
oë laat ontwikkel omdat dit nie altyd maklike leesstof is nie. Romeine vir Gewone Mense bevat geen
ingewikkelde teologiese standpunte of teorieë nie. Dit is in eenvoudige, verstaanbare Afrikaans geskryf
en is gebaseer op byna 40 jaar se Bybelstudie, eksegese, preke en ander geskrifte van my asook
natuurlik ‘n eerlike en gelowige lees van die Bybel.
Hoewel daar nie ’n bronnelys is nie, het ek tog deur die jare baie kommentare oor Romeine gelees wat
die Griekse weergawe van die Brief aan die Romeine insluit. Alles is by verre nie my eie oorspronklike
gedagtes nie. Ek haal hoofsaaklik uit die Bybelgenootskap se 1953-vertaling aan, omdat díe vertaling
meer letterlik is en dit vir my makliker maak om veral beeldspraak te verduidelik. Lees gerus soveel
moontlik ander vertalings hiermee saam.
Mag u seën en geestelike genot put uit Romeine vir Gewone Mense!
Freddie Burger,
Ketchikan, Alaska. 10 Mei 2008
Romeine vir gewone mense! Ds Freddie Burger Inhoud Romeine 1:1-15 Inleiding 1 Die oorspronklike lesers 1 Die Skrywer. 2 Hoofstuk 1 2 Paulus die mens. 2 ‘n Slaaf 3 ‘n Apostel. 4 Die Evangelie van God. 5 ’n Gebed vol Dankbaarheid. 6 ’n Gebed gevul met innige verlange. 7 ’n Brandende Begeerte. 7
Druk hier om te lees.
|
U benodig Acrobat Reader om hierdie
boek te lees. Indien u nie Acrobat
Reader op u rekenaar het, nie gaan
na die adres hieronder en laai dit
gratis af. Dit is baie handige en goeie
sagteware.
http://download-new.com/acrobat/
Is dit die mees dinamiese woorde in die Bybel? Romeine 1:16-17. Onbeskaamde Geloof. Die plofkrag van die Evangelie.
|